Modulekode | PRO 400 |
Kwalifikasie | Voorgraads |
Fakulteit | Fakulteit Opvoedkunde |
Module-inhoud | ? is ‘n amptelike voltydse module waarvoor geen student enige vergoeding mag ontvang nie; ? vind vir twee skoolkwartale in skole plaas ( kwartaal 2 tydens semester 1 en kwartaal 3 tydens semester 2) en sluit ook oriënterings- en refleksietydperke op die kampus in; ? vereis dat finalejaarstudente in of ‘n Blok A of ‘n Blok B ingedeel word; ? vereis dat Blok A studente gedurende kwartaal 2 vir hulle gekontroleerde praktiese onderwys by skole in Pretoria geplaas en deur mentordosente (universiteitspersoneel) geasseseer word; ? vereis dat Blok B studente gedurende kwartaal 2, nadat Blok A studente geplaas is by die oorblywende beskikbare plekke by skole in Pretoria geplaas word, of hulle praktiese onderwys by skole buite Pretoria voltooi en deur mentoronderwysers en skole; ? vereis dat Blok B studente gedurende kwartaal 3 vir hulle gekontroleerde praktiese onderwys by skole in Pretoria geplaas en deur mentordosente (universiteitspersoneel) geassesseer word; ? vereis dat Blok A studente gedurende kwartaal 3, nadat Blok B studente geplaas is by die oorblywende beskikbare plekke by skole in Pretoria geplaas word, of hulle praktiese onderwys by skole buite Pretoria voltooi en deur mentoronderwysers en skole geassesseer word; ? volg ‘n mentorskapmodel wat vereis dat student deurgaans voltyds onder die toesig van ‘n gekwalifiseerde mentoronderwyser is; ? sluit die aanbied van leeraktiwiteite en deelname aan verwante skool- en gemeenskapsaktiwiteite, asook buitemuurseaktiwiteite in, en; ? vereis dat studente deurlopend deur skole en universiteitspersoneel (gekontroleerd) of skole (ongekontroleerd) geassesseer word. |
Modulekrediete | 60.00 |
Programme | |
Voorvereistes | Kan slegs in die finalestudiejaar geneem word |
Onderrigtaal | Aparte klasse vir Engels en Afrikaans |
Akademiese organisasie | Geesteswetenskaplike Opvoedkun |
Aanbiedingstydperk | Jaar |
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App